Luxury Villas Kleinzee

Kleinzee in South Africa is a hidden gem along the country's rugged west coast. This remote coastal town boasts stunning beaches, perfect for solitude and beachcombing. Known for its rich diamond mining history, visitors can explore the unique landscapes shaped by this industry. Kleinzee offers a peaceful retreat with opportunities for outdoor adventures like hiking and birdwatching. Experience the tranquility and natural beauty of Kleinzee, a true escape from the hustle and bustle of city life.
Spoelklippie Gastehuis (Whole House & Whole Flat) image 1
Spoelklippie Gastehuis (Whole House & Whole Flat) image 2
Spoelklippie Gastehuis (Whole House & Whole Flat) image 3
Spoelklippie Gastehuis (Whole House & Whole Flat) image 4
Spoelklippie Gastehuis (Whole House & Whole Flat) image 5
Spoelklippie Gastehuis (Whole House & Whole Flat) image 6
Spoelklippie Gastehuis (Whole House & Whole Flat) image 7
Spoelklippie Gastehuis (Whole House & Whole Flat) image 8
Spoelklippie Gastehuis (Whole House & Whole Flat) image 9
Spoelklippie Gastehuis (Whole House & Whole Flat) image 10
3
RISING
4
Kleinzee

Spoelklippie Gastehuis (Whole House & Whole Flat)

Die hele huis is perfek vir n groep van 12-16 mense. Spoelklippie is n gastehuis met 4 dubbel kamers binne die huis. Die huis het n lekker groot kombuis. Daar is ook n TV Kamer en n gemeenskaplikke kuier kamer met n ingeboude braai. Spoelklippie het ook n woonstel op die erf beskikbaar, 2 dubbel kamers n n ingangs kamer met 2 enkelbeddens en n leefarea waar daar ook 2 stappel beddens is. Uitstekend toegerus vir families of groot-groep kuiers, soos byvoorbeeld reunies, familie byeenkomste en toer groepe. Reusagtige skoon strand met verskeie braai geriewe langs die see, gholfbaan , muurbal baan, skeepwraktoer, 1000ha natuurbewaringsklub, hengelklub met bootgeriewe, mosselsop ervaring by Crazy Crayfish Restaurant. Meer inligting: Julle is welkom daar in Kleinzee by “Spoelklippie Gastehuis”… ons werk nog om hom nog mooier en gemakliker te maak en die webblad ingeskop te kry… maar julle het die volgende daar tot julle beskikking in die hoofhuis. 2 slaapkamers met dubbelbeddens. 2 badkamers, een met ‘n stort, toilet en wasbak, en een met ‘n bad / stort kombinasie, toilet en wasbak Daar is dan nog 2 kamers met 2 enkelbeddens elk ook waarvan een ook dubbelbed gemaak kan word. Dan is daar ‘n Sit / eetkamer en ‘n groot kombuis met stoof, mikrogolf, ys / vrieskas en kisvrieskas, borde, potte en panne en eetgery, en ‘n klere wasmasjien. Buite by die woonstel is daar ‘n onderdak-braai met roosters.en ‘n lapa-tafel met bankies. Daar is ook handdoeke. Die DSTV is afgeskakel, maar ek sal dit laat aanskakel as julle dit versoek en daartoe bydra.. Indien julle van Kaapstad se kant af kom: Julle kan gerus dan vanaf Garies deurry na Hondeklipbaai. Daar is ‘n eetplekkie van Oom Sam vir gewone vis en skyfies…. Hy kan ook reel vir vars vis as julle hom voor die tyd bel en my as verwysing gebruik… hy ken my as Oom Daan. Sy nr is: 071 7979 435. Langs hom is ‘n groter seekos eetplekkie met ‘n fantastiese weskus spyskaart, maar hulle is nie altyd oop nie. Die eienaar se nr is: 083 2818 327. Sy is baie gaaf maar bly in die kaap. Haar ouers bly in Hondeklipbaai. Gaan kyk verseker na die groot rots wat die vorm het van ‘n hond, en as julle daar is, en julle ry met die “strandpad” verder suid, dan kom julle ongeveer 1 km verder by ‘n skeepswrak op die rotse en mens kan tot binne in die ding inklim. Daar is ook nog ‘n ander koffiewinkeltjie in die dorpie waar 3 Imo’s in die erf rondloop… ook lekker koek en koffie daar! In die hawe sien julle van die bote wat diamante suig. Daarna ry julle 20 km na Koingnaas, ook ‘n ou De Beers privaat myndorpie gewees wat nou oopgestel is vir enige een om te koop en te bly. Daar is eiendomme daar in die mark, en die een agent van Seef, Tanja, bly daar. Haar nr is: 083 690 3898. Daar in brandstof beskikbaar binne werksure. Vanaf Garies tot hier is grondpad. Van hier af begin die teerpad na Kleinzee, vir 60 km. Julle ry langs De Beers se wildskamp af, al die pad, en sal springbokke en volstruise sien, en moontlik ook Gemsbokke. By Kleinsee ry julle reguit in tot by die polisiestasie aan julle regterkant. Daar draai julle regs in 6’e straat, voor die polisiestasie verby en weer die eerste straat regs, en weereens die eerste straat regs… dit is 6A straat… en dan is my huis direk op die linker hoek… bruin huis met groen dak en ‘n stukkie spoelklip heining langs die kleinhekkie. Dit is 6A straat nr 4. Onthou dat die huis ‘n alarm het wat eers afgeskakel moet word. Die kleurling vrou wat die huis daar vir my bestuur noem ons “Margie”. Sy sal vir julle die huis kom oopsluit en alles wys, en as julle vertrek weer kom opruim en skoonmaak. Haar Tel nr is: 082 647 5466. In Kleinzee vind julle die volgende: 1. Die Golfklub met 9 putjie golfbaan. By die Golfklub maak hulle lekker pizzas op Woensdae, Vrydae en Saterdae. Hulle het ‘n kroeg. 2. Kleinzee spa en eetplek, tussen 2’e en 3’e strate langs die “ou Recreation Club” …. Ek sal hulle tel nr probeer uitvind… baaie gawe mense en hulle is altyd oop vir iets te ete… 3. Crazy Crayfish is op die pad strand toe, maar by hulle moet mens voor 12 bespreek as jy die aand daar wil eet. Skakel vir Charles of Nately by 082 756 5822 of 073 547 4948. Jy moet jou eie drank soontoe vat, hulle het nog nie ‘n dranklisensie nie. Baie mooi by hulle en haar mosselsop is puik. 4. Dan is daar ook die visklub, reg langs die see, ongeveer 4km suid langs die strand af. Hulle het ‘n kroeg en Oom Koos maak daar kos. Maak seker wanneer hulle oop is. Daar is miljoene van die moooooiste spoelklippies op die strand, van alle kleure en grotes. Oom Koos het ook ‘n eetplekkie in die dorp. Was nog nie daar nie. 5. Dan is daar een of 2 koffiewinkeltjies by mense se huise… hou julle oe oop daarvoor. 6. Daar is 4 kafeetjies en ‘n Build-it en ‘n drankwinkel en ‘n tipe slaghuisie, asook ‘n poskantoor waar jy geld kan trek. By die drankwinkel kan mens ook party dae trek. Alle winkels het nie kaart-fasiliteite nie, daarom is kontant soms ‘n uitdaging. Hout kos R 30-00 per sakkie… maar bietjie duur, soos meeste ander dingetjies, vanwee afstande. 7. By die een kwekery, met die naam “Silvia’s Kwekery”, naby die Golfbaan, kan jy die grootste oesters bestel wat ek nog ooit gesien het, teen R 6-50 elk… hulle kweek dit langs die kus seker 3 km daarvandaan… so ook perlemoen. Silvia se Tel nr is: 084 507 3169. 8. Die eienaar van NC Security wat die huis se alarm hanteer is: Nico. Sy nr is: 083 453 2821. Van Kleinzee af is Port Nolith 60 km noord, waarvan 50 km grondpad is. Ek hoop dit is vir eers voldoende. Laat weet asb gerus as julle nog inligting verlang. Baaaie dankie, en mooi ry! Gaste het toegang tot alle geriewe op die erf, wat insluit, 2 ruim leefareas een met DSTV, en onderdak braai stoep. 2 Kombuise, met yskaste, mikrogolf, vrieskas, kaste, klerewasmasjien, breekware, kookware en eetgerei. Ons gasvrou Margie Landrew sal altyd daar wees vir enige moontlikke navrae Open clear air with limited noise, very Tranquil In Town you can walk around, but to go out of town own transport is needed Die pad vanaf Springbok na kleinsee is 60km teerpad en 40km grondpad.

Other hotel types in Kleinzee